Gepubliseer in Gratis,Lewensvaardighede

Gratis Les oor Selfbeeld

downloadswlf

Leerders het soms die idee dat Lewensvaardighede lesse vervelig moet wees. Deur meer moeite sal hierdie lesse vir onderwysers en leerders meer genotvol kan wees.

Ek stel gereeld PowerPoints op vir lesse en sal graag my lesse deel met lesers.

Hierdie was ‘n kwartaal 1 Lewensvaardighede les oor Selfbeeld. Die les is baie opsommend en kan baie meer verwerk word. Gee aan leerders die geleentheid om hulle vrese en persepsies te deel. Veral leerders van gr6 en ouer het die behoefte om met iemand te praat oor wat hulle ervaar in die lewe. Laat jou klaskamer hul veilige hawe wees waar hulle met vrymoedigheid hul selfbeeld kan opbou.

Selfbeeld

Gepubliseer in Wiskunde

Optel van desimale getalle

Die metode waar leerders getalle onder mekaar neerskryf om op te tel moet gereeld hersien word. Leerders moet seker maak dat Ene onder mekaar staan, Tiene, Honderde, ens. Nou moet hulle ook fokus op die komma wat altyd ondermekaar moet bly en hulle moet onthou dat nulle agter kommas bygevoeg kan word.

Optel van desimale

Met wiskunde is meer voorbeelde altyd ‘n goeie idee. Gee vir jou leerders ekstra somme vir na skool. Moet dit nie aan HUISWERK koppel nie, maar eerder as aanvulling vir leerders. Hiermee wil ek voorstel dat ekstra werk (enigiets wat nie deel van die vasgestelde beplanning is nie) nie verpligtend moet wees nie, maar gee eerder vir leerders die opsie om op hul eie te besluit om harder te werk.

Sommiges laat dit gaan, maar daar is altyd so een of twee wie jou sal verbaas met hul vasberade houding om die werk onder die knie te kry. Plus, jou top student word nie gou verveeld nie!

Gepubliseer in Wiskunde

Desimale Getalle

Voordat desimale getalle verduidelik kan word, moet seker gemaak word dat leerders verstaan wat met heelgetalle gebeur as dit met 10 gemaal of deel word. (Kry ‘n nul by of verloor ‘n nul). Hierdie konsep moet hersien word voordat desimale getalle met leerders behandel word.

Hierdie werkkaart dien as inleiding tot desimale getalle. Dit bevat ‘n basiese opsomming van desimale getalle.

Desimale getalle opsomming

Capture

Gepubliseer in Wiskunde

Breukemuur

Dit is altyd ‘n goeie idee om ‘n groot breukemuur in jou klas te hê. Die breukemuur is ‘n wonderlike manier om aan jou leerders die konsep van ekwivalente breuke te verduidelik. Gee ook vir elke leerder sy eie breukemuur om agter in sy/haar boek te plak sodat dit altyd naby is.

Hierdie opsomming bevat breukemure, hoe kom dit te gebruik en ook ‘n paar oefeninge oor die breukemuur en ekwivalente breuke.

Breukemuur opsomming en werkkaart

Capture

Gepubliseer in Wiskunde

Breuke

fractions

Die aanleer van breuke is een van die belangrikste afdelings van wiskunde in die laerskool. Die gebruik van breuke strek reg deur die wiskunde kurrikulum. Daarom is dit belangrik dat leerders die basiese konsepte dadelik verstaan.

Hierdie werkkaart gee ‘n eenvoudige opsomming van wat breuke is en verduidelik ook ekwivalente breuke. Druk uit vir jou leerders se skryfboeke of plak op teen jou muur as verryking.

Breuke Opsomming (Graad 4-7)

Capture

Gepubliseer in My Blog

Welkom!

Welkom by JuffrouJ se klaskamer.

Om ‘n klaskamer leersaam en pret te maak is soms ‘n baie moeilike taak. Hier is die geleentheid om ‘n paar vars idees te kry, werkkaarte af te laai of iets te deel wat jy dalk dink weer ander onderwysers sal help.

Ek glo dat ons mekaar se hande is in die taak om ons land se leerders op te voed. Deur al die verskillende aspekte van skool maak ons elke dag ‘n verskil aan die toekoms.

Gaan direk na my Teacha Aanlyn Winkel of loer verder op die blog vir nuus, laai gratis bronne af of stuur ‘n boodskappie om hallo te se!