Gepubliseer in Gratis,Natuurwetenskappe

Gratis Klankenergie Les

Hier is twee PowerPoints oor my gunsteling onderwerp! Klankenergie bespreek deur middel van instrumente!

klankenergie – musiekinstrumente

Klankenergie2

Wys gerus ook vir leerders die volgende video om hulle te help om klankenergie te verstaan. Dit is in Engels, maar die prente sal leerders definitief help.

Magic School Bus : Sound is Vibration

Die werkkaart kan ook gebruik word vir lesse:

Vibrasies en klank1 werkkaart

Laat weet my gerus hoe jou musiek gekruis met wetenskaples gegaan het!!

Gepubliseer in Gratis,Lewensvaardighede

Gratis Les oor die Simfonie Orkes

playing-instrument-clip-art-372458

In PSW vir graad4 moet leerders die verskillende groepe instrumente in ‘n simfonie orkes leer. Hierdie PowerPoints het pragtige prente van die verskillende groepe en voorbeelde van al die instrumente.

PowerPoints:

Instrumente van die simfonie-orkes

Musiek instrumente

Werkkaart:

Musiek

Hierdie oulike webtuiste is ook wonderlik om te gebruik tydens ‘n les oor die instrumente!

Geniet dit! En lekker sing!

Gepubliseer in Gratis,Natuurwetenskappe

Gratis Les oor Inset en Uitset Energie

My gunsteling deel van die jaar in die intermediêre fase is seker as ons by energie kom. Tydens my prakties as ‘n student het ek gereeld klankenergie lesse aangebied. Van hier seker my liefde oor die onderwerp. Dis lekker om ‘n deel van wetenskap vir leerders kan verduidelik op ‘n manier wat hulle in werklikheid kan sien en begryp.

Hierdie PowerPoint het ek al oor en oor en oor gebruik in die klaskamer. Voel welkom om dit aan te pas soos dit by jou klaskamer sal werk. Gebruik toestelle wat jy weet jou leerders daagliks in hul lewens sien of dinge wat jy weet hulle interesseer! Geniet dit!

Inset en uitset energie

Gepubliseer in Gratis,Lewensvaardighede

Gratis Les oor Godsdienste in Suid-Afrika

Religious tolerance illustration

Ek het ‘n oulike staaltjie wat ek gereeld vertel omdat dit my so laat giggel het. Onderwysers hoor mos maar die vreemdste dinge.

Natuurlik deel van die kurrikulum is om die verskillende godsdienste in Suid-Afrika te bespreek. So in ‘n skool met ‘n meerderheid Christelike leerders was dit lekker om hulle ook bloot te stel aan die unieke mense van ons land. Dit was bekend in die skool dat een seun se gesin nie gelowig is nie. Hulle het dit nie verkondig nie, maar jy weet mos maar hoe stories versprei. So na afloop van ‘n week vol “geloofspraatjies”, word daar natuurlik op die skoolgrond ook gesels.

Ek hoor toe later een van my klas se seuns vra verskriklik reguit vir hierdie seun of hy dan ‘n Boeddhis is, as hy dan nou nie ‘n Christen is nie (Hy het nie regtig gedink dat daar heelwat ander gelowe is om uit te kies nie… Hy het definitief meeste lesse deurgeslaap). Die ongelooflik onskuld in die vraag is wat my natuurlik getref het. Hulle kennis is so beperk dat hulle hierdie vrae moet vra. En ons klaskamers moet die plek wees waar hulle kan vra. Sodat hulle nie volgende keer sommer net aanneem dat daar net twee gelowe is nie. Sodat hulle respek en liefde vir alle mense kan toon. Of jy nou ‘n Boeddhis is of nie.

Godsdienste in Suid-Afrika

Gebruik asb die PowerPoint en voeg nog inligting by. Dit is baie opsommend en slegs die belangrikste kennis op graad 5 vlak word gedek. Laat weet as jy dit bietjie verander het of hoe jy dit in jou aanbieding gebruik! Ek sien uit om van jou te hoor!

Gepubliseer in Gratis,Sosiale Wetenskappe

Gratis Bronne Les met Werkkaart

history-clip-art-declaration

Hierdie PowerPoint was ‘n les wat ek vir graad7’s aangebied oor verskillende bronne. Die vier groepe, mondelinge, geskrewe, visuele en voorwerpe word hier bespreek.

Lees gerus die notas by die skyfies om te verstaan hoe dit aangebied kan word.

Bronne

Werkkaart vir bronne les: Bronne werkkaart

Laat weet my asb indien jy wel die les gebruik. Vertel my hoe jy dit uniek vir jou klaskamer gemaak het en waar jy dink iets verander kan word! Ek sien uit om te hoor hoe jy dit aanpas!

Gepubliseer in Gratis,Wiskunde

Gratis Priemgetalle Opsomming

prime-numbers-02

Baie leerders sukkel nog tot hoërskool met priemgetalle slegs omdat hulle nooit die konsep reg verstaan nie. Daar moet aan hierdie klein details aandag gegee word in laerskool om leer te vergemaklik in hoër grade. Priemgetalle klink soos ‘n klein konsep, maar dit het ‘n groot impak op ‘n leerder se vermoë.

Priemgetalle

Gepubliseer in Wiskunde

Faktore en Veelvoude

28E9B31ABCE0FC936603E14791DC33C5

Twee werkkaarte wat faktore en veelvoude opsom. Dit bespreek ook GGF en KGV en gee geleentheid om konsepte in te oefen.

Ek was eendag by ‘n ouer klas wie besig was met wiskunde huiswerk en toe ‘n leerder my vra wat op aarde KGV is, het ek nogals geskrik. Groter was my verbasing toe ek “Kleinste Gemene Veelvoud” antwoord, en die leerder vra maar wat is ‘n veelvoud…

Hierdie tipe konsepte moet so gereeld ingeoefen word. Wiskunde is ‘n taal op sy eie. En ons moet leerders motiveer om dit te leer praat!

Hierdie werkkaarte is perfek om leerders bekend te stel aan faktore en veelvoude en hulle te laat praat.