Gepubliseer in Gratis,Lewensvaardighede

Gratis Les oor Spyskaarte

Om te eet in die klas is mos enige kind (en juffrou) se droom! Hierdie kwartaal is dit dalk net moontlik!

Deel van Lewensvaardighede in graad 4, moet leerders ‘n eg Suid-Afrikaanse spyskaart opstel. Hierdie PowerPoint bespreek verskillende kulture se kosse en help so leerders verstaan hoekom Suid-Afrikaanse kos so divers is.

images (6)

Spyskaarte van verskillende kulture in Suid-Afrika

Laat jou leerders ‘n spyskaart uitwerk (en sommer ietsie egs Suid-Afrikaans kom voorberei vir die klas!)

Lekker smul!

Gepubliseer in Gratis,Lewensvaardighede

Gratis Les oor die Simfonie Orkes

playing-instrument-clip-art-372458

In PSW vir graad4 moet leerders die verskillende groepe instrumente in ‘n simfonie orkes leer. Hierdie PowerPoints het pragtige prente van die verskillende groepe en voorbeelde van al die instrumente.

PowerPoints:

Instrumente van die simfonie-orkes

Musiek instrumente

Werkkaart:

Musiek

Hierdie oulike webtuiste is ook wonderlik om te gebruik tydens ‘n les oor die instrumente!

Geniet dit! En lekker sing!

Gepubliseer in Gratis,Lewensvaardighede

Gratis Les oor Godsdienste in Suid-Afrika

Religious tolerance illustration

Ek het ‘n oulike staaltjie wat ek gereeld vertel omdat dit my so laat giggel het. Onderwysers hoor mos maar die vreemdste dinge.

Natuurlik deel van die kurrikulum is om die verskillende godsdienste in Suid-Afrika te bespreek. So in ‘n skool met ‘n meerderheid Christelike leerders was dit lekker om hulle ook bloot te stel aan die unieke mense van ons land. Dit was bekend in die skool dat een seun se gesin nie gelowig is nie. Hulle het dit nie verkondig nie, maar jy weet mos maar hoe stories versprei. So na afloop van ‘n week vol “geloofspraatjies”, word daar natuurlik op die skoolgrond ook gesels.

Ek hoor toe later een van my klas se seuns vra verskriklik reguit vir hierdie seun of hy dan ‘n Boeddhis is, as hy dan nou nie ‘n Christen is nie (Hy het nie regtig gedink dat daar heelwat ander gelowe is om uit te kies nie… Hy het definitief meeste lesse deurgeslaap). Die ongelooflik onskuld in die vraag is wat my natuurlik getref het. Hulle kennis is so beperk dat hulle hierdie vrae moet vra. En ons klaskamers moet die plek wees waar hulle kan vra. Sodat hulle nie volgende keer sommer net aanneem dat daar net twee gelowe is nie. Sodat hulle respek en liefde vir alle mense kan toon. Of jy nou ‘n Boeddhis is of nie.

Godsdienste in Suid-Afrika

Gebruik asb die PowerPoint en voeg nog inligting by. Dit is baie opsommend en slegs die belangrikste kennis op graad 5 vlak word gedek. Laat weet as jy dit bietjie verander het of hoe jy dit in jou aanbieding gebruik! Ek sien uit om van jou te hoor!

Gepubliseer in Gratis,Lewensvaardighede

Gratis Les oor Selfbeeld

downloadswlf

Leerders het soms die idee dat Lewensvaardighede lesse vervelig moet wees. Deur meer moeite sal hierdie lesse vir onderwysers en leerders meer genotvol kan wees.

Ek stel gereeld PowerPoints op vir lesse en sal graag my lesse deel met lesers.

Hierdie was ‘n kwartaal 1 Lewensvaardighede les oor Selfbeeld. Die les is baie opsommend en kan baie meer verwerk word. Gee aan leerders die geleentheid om hulle vrese en persepsies te deel. Veral leerders van gr6 en ouer het die behoefte om met iemand te praat oor wat hulle ervaar in die lewe. Laat jou klaskamer hul veilige hawe wees waar hulle met vrymoedigheid hul selfbeeld kan opbou.

Selfbeeld