Gepubliseer in My Blog,Natuurwetenskappe,Sosiale Wetenskappe

Kwartaal Beplannings

Die “lockdown” regoor die wêreld, het vir my die geleentheid gegee om bietjie nuwe produkte te skep in my tyd by die huis!

Ek het op die oomblik Geskiedenis en NW vir graad 5 (kwartaal 2) beplannings beskikbaar op my Teacha aanlynwinkel en ook graad 4 Geografie se kwartaal twee beplanning. Elkeen van hierdie produkte sluit ‘n dokument propvol werkkaarte en hulpmiddels in wat saam met die beplanning gaan.

Dit is vir my moeilik om te weet wat in aanvraag is. So ek vat maar kanse met wat ek voorberei. Indien julle dalk iets spesifiek wil sien op my Teacha winkel, los gerus kommentaar op hierdie plasing! Ek sal dan my bes probeer om self dit bymekaar te sit of ‘n verwysing na so iets vir u aanstuur indien ek nie in staat is om dit te doen nie!

Verder is daar ‘n uitverkoping op my Teacha aanlynwinkel en sommige van my opsommings en plakkate is gratis beskikbaar! Gaan loer gerus!

Gepubliseer in Gratis,Natuurwetenskappe

Gratis Klankenergie Les

Hier is twee PowerPoints oor my gunsteling onderwerp! Klankenergie bespreek deur middel van instrumente!

klankenergie – musiekinstrumente

Klankenergie2

Wys gerus ook vir leerders die volgende video om hulle te help om klankenergie te verstaan. Dit is in Engels, maar die prente sal leerders definitief help.

Magic School Bus : Sound is Vibration

Die werkkaart kan ook gebruik word vir lesse:

Vibrasies en klank1 werkkaart

Laat weet my gerus hoe jou musiek gekruis met wetenskaples gegaan het!!

Gepubliseer in Gratis,Natuurwetenskappe

Gratis Les oor Inset en Uitset Energie

My gunsteling deel van die jaar in die intermediêre fase is seker as ons by energie kom. Tydens my prakties as ‘n student het ek gereeld klankenergie lesse aangebied. Van hier seker my liefde oor die onderwerp. Dis lekker om ‘n deel van wetenskap vir leerders kan verduidelik op ‘n manier wat hulle in werklikheid kan sien en begryp.

Hierdie PowerPoint het ek al oor en oor en oor gebruik in die klaskamer. Voel welkom om dit aan te pas soos dit by jou klaskamer sal werk. Gebruik toestelle wat jy weet jou leerders daagliks in hul lewens sien of dinge wat jy weet hulle interesseer! Geniet dit!

Inset en uitset energie