Gepubliseer in My Blog,Natuurwetenskappe,Sosiale Wetenskappe

Kwartaal Beplannings

Die “lockdown” regoor die wêreld, het vir my die geleentheid gegee om bietjie nuwe produkte te skep in my tyd by die huis!

Ek het op die oomblik Geskiedenis en NW vir graad 5 (kwartaal 2) beplannings beskikbaar op my Teacha aanlynwinkel en ook graad 4 Geografie se kwartaal twee beplanning. Elkeen van hierdie produkte sluit ‘n dokument propvol werkkaarte en hulpmiddels in wat saam met die beplanning gaan.

Dit is vir my moeilik om te weet wat in aanvraag is. So ek vat maar kanse met wat ek voorberei. Indien julle dalk iets spesifiek wil sien op my Teacha winkel, los gerus kommentaar op hierdie plasing! Ek sal dan my bes probeer om self dit bymekaar te sit of ‘n verwysing na so iets vir u aanstuur indien ek nie in staat is om dit te doen nie!

Verder is daar ‘n uitverkoping op my Teacha aanlynwinkel en sommige van my opsommings en plakkate is gratis beskikbaar! Gaan loer gerus!

Gepubliseer in Sosiale Wetenskappe

Geskiedenis Graad 5 Kwartaal 2 Beplanning

Een van my top bronne is my beplanning wat ek opgestel het toe ek graad 5 Geskiedenis aangebied het. Ek het die beplanning uitgewerk in lyn met die Platinum Geskiedenis vir Graad 5 handboek. Ek glo wel dat die werkkaarte en kernvrae saam met enige van die ander Graad 5 handboeke sal werk.

My volle beplanning met al die notas ingesluit is nou beskikbaar by my Teacha aanlynwinkel. Klik hier om daarheen te spring!

Gesk K2G5 notas gallery

Is jy op Pinterest? Gebruik hierdie om die skakel te deel, of om vir jouself vir later te bere!

Gesk Gr5

Gepubliseer in Sosiale Wetenskappe

Geskiedenis Graad 5 Kwartaal 3

Ek kry baie navrae oor ander kwartale se werk. Ongelukkig het ek slegs twee kwartale hierdie vak aangebied en nou het ek nie meer die handboeke wat ek destyds gebruik het nie. Indien iemand enige notas in lyn met hierdie werk het, laat weer my gerus dan verwys ek lesers na u webtuiste!

Kwartaal 3 beplanning met nota’s vir afrol. In lyn met Platinum Sosiale Wetenskappe.

Kwartaal 3 beplanning

1 – Voorblad

2 – Eenheid 1 opskrif

3 – Eenheid 1 Kernvrae

4 – Eenheid 2 opskrif

5 – Bekende Farao bl. 137

6 – Eenheid 2 Kernvrae

7 – hierogliewe

8 – getal simbole

9 – Eenheid 2 Kernvrae 2

10 – Eenheid 3 opskrif

11 – Eenheid 3 Kernvrae

12 – Eenheid 4 opskrif

13 – Eenheid 4 Kernvrae

Gepubliseer in Gratis,Sosiale Wetenskappe

Gratis Bronne Les met Werkkaart

history-clip-art-declaration

Hierdie PowerPoint was ‘n les wat ek vir graad7’s aangebied oor verskillende bronne. Die vier groepe, mondelinge, geskrewe, visuele en voorwerpe word hier bespreek.

Lees gerus die notas by die skyfies om te verstaan hoe dit aangebied kan word.

Bronne

Werkkaart vir bronne les: Bronne werkkaart

Laat weet my asb indien jy wel die les gebruik. Vertel my hoe jy dit uniek vir jou klaskamer gemaak het en waar jy dink iets verander kan word! Ek sien uit om te hoor hoe jy dit aanpas!